Wanneer het jy jou eerste kinderboek gepubliseer
In 1983. Lizette en die Silwer Beker. (Waterkant UItgewers)
1984. Lizette en die Kapokkies. (Waterkant)
1985. Lizette en die Tandmuis. (Waterkant)
Hoekom bestaan die Lizette-reeks net uit drie boeke?
Die illustreerder, Johan van Niekerk, het 'n groot kunsaanbod ontvang wat hy nie van die hand kon wys nie. Toe betekend dit ongelukkig die einde van die Lizette-reeks.
Het jy ander kinderboeke ook geskryf?
Ja. Miempie uitgegee deur Daan Retief-uitgewers wat deur Cecile Cilliers na Mimi vertaal is.
Waar is die bogenoemde boeke verkrygbaar?
Al die boegnoemde boeke is ongelukkig almal uit druk en kan dus net in biblioteke uitgeneem word of by tweedehandse boekwinkels gekoop word
Het jy al vir kinders oor die dood van 'n familielid geskryf?
Ja. Oupa Daan laat sy kierie staan. (Lux Verbi) handel oor 'n oupa en sy vier kleinkinders, sy siekte, dood en die kleinkinders se reaksie daarop. Ongelukkig is hierdie boek ook uit druk. Dis jammer want dit was nogal in aanvraag.
Het jy enige leesboeke vir laerskole geskryf?
'n Paar boekies vir 'n basiese leesreeks vir Gr 1, 2 en 3. (Leprechaun Uitgewers) Al die boeke is in al elf landstale vertaal
Het jy al ooit vir die radio geskryf?
Ja. Vir Transwęreld Radio het ek die Ou Testament vir laerskoolkinders vir die radio verwerk. Asook J. Fletcher-Rey se Bybelroman: Die hand wat die spykers ingeslaan het asook 'n radiodrama Saulus van Tarsus.
Het jy al iets vir Televisie geskryf?
'n Paar episodes vir die destydse Ligstraaltjies, 'n godsdienstige kindersprogram.
'n Reeks van 13 episodes Die dertien apostels van Jesus met Paulus as die 13de apostel vir Louise Smit produksies
Wanneer en hoekom het jy begin spookstories skryf?
In 1995 nadat ek besef het daar is maar min Afrikaanse spookstories
Doen jy ooit navorsing vir jou kinderboeke?
Ja, want om vir 'n kind te skryf is moeiliker as wat die meeste mense dink. Ek het twee jaar navorsing oor spoke of dan paranormale verskynsels gedoen voordat ek spookstories begin skryf het.
Is daar verskillende spoke?
Ja, die kenners verdeel spoke of afgestorwe geeste in verskillende tipes. Land- see- en lugspoke; gedaantes, verskynsels, verksynings; dwaalgeeste; poltergeeste of lawaaispoke; spoke wat elke jaar op hul sterfdag verskyn en dan weer verdwyn wat herdenkingspoke genoem word
Hoeveel spookboeke het jy geskryf?
Tien boeke in die Gedaantes en Geraamtes-reeks uitgegee deur Human en Rousseau Kaapstad. Ongelukkig is die meeste uit druk, behalwe Spookhuis by die See wat tans in sy vyfde druk is. Gelukkig is die eerste sewe stories in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 & 2 opgeneem. Die ander drie is in Omnibus 3 opgeneem wat eers 2011 verskyn.
Waar kry jy jou idees vandaan?
Soms is dit iets wat iemand sę, of iets wat ek in die koerant lees of soms is dit 'n droom wat ek gehad het.
Is jy al ooit deur 'n uitgewer gevra om 'n bepaalde boek te skryf?
Ja. George Louw, gewese hoof van JL van Schaik het my in 1996 gevra om 'n jeugroman oor die kleurgrens te skryf. En so is By die Lęplek van die Leeus gebore. Die verhaal speel af voor die 1994 verkiesing. Die twee hoofkaraktes is Duduzile Nyembezi en Melanie Visser wat albei in 1976 tydens die Soweto onluste gebore is. Ek het baie navorsing by verskillende instansies gedoen, oa die Universiteit van Pretoria se mediese en antropolie fakulteite. Die jeugroman word wyd deur hoërskole in verskillende provinsies voorgeskryf.
Is daar ander van jou boeke wat ook voorgeskryf is vir skole?
Ja. Spookhuis by die See; Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 & 2 is al drie, saam met By die Lęplek van die Leeus, deur verskillende provinsiale onderwys departemente goedgekeur
Wat het jou laat besluit om die Bybelroman, Lukas, die geliefde geneesheer, te skryf?
Tydens 'n besoek aan Efese, een van die sewe gemeentes wat in Openbaring beskryf word, en ek voor die gedenksteen van Lukas steen, het ek 'n intense drang gekry om oor hom te skryf aangesien baie meer oor Paulus geskryf is en die ironie is dat Die Evangelie van Lukas asood Die Handelinge van die Apostels wat deur Lukas geskryf is, in volume meer is as al die sendbriewe van Paulus.
Hoe lank het jy navorsing oor Lukas gedoen?
Watter bronne het jy vir Lukas gebruik?
Google Search; Wikipedia; Naslaanwerke in biblioteke; Met universiteits professore wat in die Nuwe Testamanet spesialiseer gaan gesels en my verbeelding op 'n wetenskaplike en verantwoordelike wyse gebruik om van Lukas 'n geloofwaardige mens te maak.
Het daar al resensies oor Lukas verskyn?
Beeld (16 Aug. 2010 Neels Jackson)
LitNet (Aug. 2010 Prof. Herman Lombard)
Huisgenoot Boeke ( 11 Sept bl 64. Judy van Bergen)
Rapport Boeke (26 Sept 2010 Reggie Nel)
Die Burger (20 Desember 2010
Dr. Frits Gaum bl 13)
Wat is die algemene reaksie oor Lukas?
Baie positief omdat die boek deur kerlike sowel as gewone lesers gelees kan word. Die mense wat wel die boek afskiet, is gewoonlik naďwe, fundamentaliste wat glo as iets nie presies so in die Bybel staan nie, dan het dit nie gebeur nie. Bv Lukas se besoeke aan Qumran, Masada, Pompeij en die Istmiese Spele. Of Matthéus beskryf die vlug van Josef, Maria en Jesus na Egipte, daarom mag Lukas, die geliefde geneesheer, nie daarvan weet nie, want dit staan nie in die Evangelie volgens Lukas nie. Myns insiens is dit absurd om so te redeneer wanneer fiksie ter sprake is.
Het jy al kortverhale geskryf?
Agter die Skerm wat deur Bateleur Uitgewers in In 'n Neutedop opgeneem is en as voorgeskrewe handboek vir Afrikaans Gr 11 gebruik is.
Die Bedelaar, 'n kort-kortverhaal wat in Rapport Boeke se Vonkfiksie verskyn het en as algehele wenner aangewys is.
Hoeveel boeke het jy altesaam geskryf?
Werk jy tans aan iets?
Ja, maar dis baie ongelukkig om daaroor te praat!
gaan jy enigsins nog van jou gedaantes en geraamtes boeke laat kan druk vir die mense wat opsoek is daar na?
Dankie vir die navraag. Sal die vraag met Human en Rousseau, die uitgewers, opneem
Wanneer verskyn Gedaantes en Geraamtes Omnibus 3
Dit sou vanjaar 2010 verskyn het. Ek hoop dat dit in 2011 sal verskyn aangesien ek alreeds die kontrak vir die boek geteken het
Hoekom is daar 'n vier jaar gaping tussen Dwaalgees van Duiwelskantoor en Spookhuis by die See?
Dit is 'n vraag wat jy die uitgewers moet vra aangesien my manuskrip alreeds persklaar was en dit nie nodig was vir so 'n groot gaping nie
Sal jy weer 'n verhoogdrama skryf?
Indien ek tyd het, ja. Maar tans is ek baie besig met navorsing en veldwerk vir my volgende boek.
How do I order a book? Hoe bestel ek 'n boek?
Lukas, die geliefde geneesheer, kan direk van die uitgewers: Protea Boekhuis bestel word.
e-posadres: protea@intekom.co.za
Die Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1& 2 kan direk by Human & Rousseau bestel word.
www.humanrousseau.com
Is die boek "Die hand wat die spykers ingeslaan het" ook in engels beskikbaar? Ek is ook opsoek na 'n ISBN nommer
Hallo Kobie!
Jammer, ek sien nou eers dat jy die navraag al in Februarie gedoen het. Die Afrikaanse titel: Die hand wat die spykers ingeslaan het, is in 1942 deur Timo Kriel vertaal. So eki is seker dat daar 'n Engelse titel ook is. Jy behoort die boek by 'n tweedehandse boekwinkel te kry. Probeer gerus Roza Boeke oor naweke kontak by 071095824 of by rozabooks@telkomsa.net. Hoop jy kom reg!
Groetnis
Louise Prinsloo
Hoe bestel jy 'n boek
Hallo Rouxnette!
Baie dankie dat jy my webwerf besoek het!
Spookhuis by die See, Die Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 & 2 kan direk van Human en Rousseau bestel word, of jy kan dit deur Exclusive Books bestel.
Lukas, die geliefde geneesheer, kan direk van Protea Boekhuis bestel word of ook deur Exclusive Books. Jy kan ook CUM-boeke probeer.
By die Lęplek van die Leeus, kan jy direk van NB-Boeke of Exclusive Books bestel word.
Hoop jy kom reg. Indien nie, stuur vir my 'n e-pos na prinsloo.louise7@gmail.com
Met vriendelike groete
Louise Prinsloo
Ask a question
|